Baie welkom by die Nederduitse Gereformeerde Kerk Forum van Namibia. Jy word hartlik uitgenooi om deel te neem aan ons gesprekke op ons Forum.
Kwaad vir die Kerk, maar lief vir God
Kan enige persoon so ‘n stelling maak of is dit net ‘n manier hoe ‘n persoon die kerk kan blameer vir iets wat in sy/haar lewe verkeerd geloop het?
Persone het al gesê:
- Die kerk is soos ‘n sport klub – jy sluit na willekeur aan of bedank net wanneer jy wil
- Die kerk is soos ‘n restaurant – jy gaan sit, wag om bedien te word en as jy lus voel bestel jy iets; is die diens swak mor jy om te betaal
- Die kerk is soos ‘n hospitaal – ons kan meesal daarsonder klaarkom, partykeer het jy dit wel nodig
- Die kerk is soos ‘n bus – ry teen vergoeding daarop en alles is reg solank die drywer en die kondukteur hulle werk doen
- Die kerk is soos ‘n komposhoop – net die afval beland daar; vir party stink dit, vir ander waarborg dit lewe
Hoe voel u oor die kerk? Doen ons alles reg of is daar goed wat krap?
Neem deel en sê jou sê!